Sunday, February 15, 2009

Sondag : 15 Februarie 2009

My Internet was af en ek kon nie opdateer nie ..
Hier is hoogtepunte van gister ..

Ons ou karretjie was toegesneeu toe ons buite kom ... maar dit kon nie die drie geesdriftige Suid-Afrikaners se gees blus nie.

Ons het vroeg oggend gaan rondloop in die slapende sondagoggend dorp .. die sneeu het dik gele en die mense het ons 3 malles snaaks aangekyk .. wie is sondagoggend so vroeg al in die strate ..

Ons wou eintlik die Kaiserlich Hofburg in Innsbruck besoek het, maar dit is toe vir renovasie - dit is maar die nadeel as mens in die winter reis .. die mense dink niemand reis in die winter nie en renoveer permanent die hele land - teen die einde van die eeu gaan daar 'n nuwe Europa wees :)



Aurona en Paula kry toe die blink gedagte om op te gaan teen een van die slopes om net te gaan kyk hoe die mense ski .. so gese so gedaan .. ons is sak en pak op teen die Noordberg se slope ..

Ons is vinnig tot by die eerste stasie waar oorywerige ski-ers saam met ons in die toue staan om teen die berg op te gaan .. soos 'n klomp skape word ons in 'n kabekar gelaai wat volgens die borde 96 mense +1 kan inlaai .. ons kon nog nie uitwerk wie die +1 is nie - dit is seker die drywer het ons besef nadat ons gaan draai het tot by swanger vrouens.





Vir 'n van der Merwe met so baie persoonlike ruimte was die ou karretjie nogal intimiderend soos julle op die foto kan aflei .. natuurlik het Paula en Aurona hulle gate uit geniet om my benoudenheid te beleef!





Maar gelukkig was dit nie so vrek lank teen die berg op nie en kon ons darem vinnig die pragtige Alpe waardeer .. sneeu en sneeu en sneeu .. nou ja, hier en daar was daar ook 'n lawwe ski=er of twee maar ons het hulle heel suksesvol geignoreer ..



Aurona het soos 'n lawwe Afrikaan op die randjie van die afgrond gaan sit om net te wys sy is nie bang nie ...



Alta .. on top of the world!








Gelukkig was Paula ook daar net om so nou en dan die twee lafpotte in toom te hou.

Ons het ook opgegaan na die heel boonste punt van die berg waar die BAIE dapperes soms afski.


Party mense moes natuurlik die digtheid van die sneeu toets ... sug .. kan sommige navorsers maar nie net glo dat die sneeu wel sag is nie?


Na 'n heerlike dag in die son buite en tussen die ski-ers, moes ons natuurlik sit vir 'n lekker wit wyn ... ons het seker vir amper 2 ure net gesit en kyk vir die ski-ers wat om ons verby ski, party wat hulle nekke amper breek teen die hellings af en party wat manouvers uithaal wat skrik vir niks .. dit was goed vir ons siele...



Laatmiddag is ons die heuwels af en Aurona en Paula kan nie genoeg kry van die wit gesneeude Innsbruck nie .. teen die tyd is my agterent lekker koud en wil ek net in 'n warm cosy restaurant kom ..


Natuurlik kan ons nie die feetjie winkel op pad na die restaurant miskyk nie - hier is allerhande interessante muti's en die winkelier (so 'n jong sexy knapie) wil Aurona summier uitgooi omdat sy foto's neem .. mmm.. hier is toe tot 'n viagra doepa .. ons giggel lekker - dink dit was genoeg om die jonge knapie se aandag op ons te vestig .. daar het ek al my dae om ontslae te raak van knapie wat vreeslik belangstellend begin allerhande vrae vra .. sug, goed om te weet so 'n ou vrou kan nog bietjie belangstelling wek by 'n jong winkelier :)
Ons sluit die aand af met 'n heerlike ete ...








No comments:

Post a Comment