Monday, February 16, 2009

Ons is vroegoggend uit Innsbruck uit weg na Munich - ons het gisteraand op die ingewing van die oomblik, met bietjie motivering van 'n jong kelnerin besluit ons wil gaan kyk hoe lyk Munich .. dit is so 2 ure se ry van Innsbruck ... he he he .. vir 'n Suid-Afrikaner is dit seker 'n moeilike konsep om te dink .. kom pa kom ma .. ons gaan gou Duitsland toe :)

Paula kies sommer 'n restaurant op die GPS in Munich en daar gaan ons .. glo dit of nie, maar dit is toe voor die oulike mannetjie en so 2.5 km van ons uiteindelike destination, die ou stad. Die restaurant is ongelukkig toe en ons drink koffie by McDonalds waarvandaan ons die roete uitwerk na die ou stad.

Met so bietjie hulp van die GPS kry ons 'n oulike parkade in die ou stad en begin verken. Ons eerste stop is die boekwinkel om net padkaarte te kry .. lekker ongeorganiseerd .. pleks het ons gisteraand al die sites ge'google' ..

Ons volgende stop is die pragtige Frauenkirche. Die kerk se fondasie is gele in 1468 deur Duke Sigismond - daar is twee torings van ongeveer 98meter hoog.

Volgens legende het die duiwel in die agterkant gestaan en kon hy nie venster sien nie - daar is 'n 'inprint' in die grond.














Aurona besluit ons is honger en kies 'randomly' die eerste restaurant (Maredo) wat naaste aan die kerk is .. wat 'n aangename verassing .. ons beland in 'n wonderlike upper class steak house .. julle - voorwaar top gehalte vleis .. kan dit aanbeveel .. beslis die lekkerste in my 26 jaar van reis na Europa ..












Ons volgende stop is die 'nuwe' stadsaal .. alhoewel daar 'n redelike diskussie ontstaan het oor die 'ou' stadsaal wat nuwer lyk as die 'nuwe' stadsaal.


Hier is die nuwe stadsaal.

Ons stop toe vinnig waar die 'ou stadsaal' eers was - hier is 'n speelgoed uitstalling en my hart kan dit nie hou toe daar natuurlik ook 'n beeruitstalling is nie - vir die wat nie weet nie, die maak van teddiebere het ontstaan in 1902 toe Richard Steiff nadat hy die sirkus besoek het 'n tekening gemaak het van 'n staande beer. Die het sy vrou toe gemaak.

Hier is voorbeelde van die oorspronklike bere.. ek weet nie of dit die oorspronklikes is nie .. glo nie ...







Volgende stop is die St Petersburg kerk .. wonderlike gange en tekeninge teen die dak ..













Ons besoek die mark en Paula en Aurona besluit dit is wyn en kaas en koue vleis vir aandete ..



Ons is seker net na 6 terug .. wat 'n wonderlike dag!
Na 'n lekker wyntjie is ons weer terug in ons grotte in om voor te berei vir more se kongres wat begin.
Aurona het ook foto's opgelaai van die dag - besoek gerus haar blog by http://picasaweb.google.com/gerberaj/Innsbruck_2#

No comments:

Post a Comment