Wednesday, February 18, 2009

Dinsdag 17 Februarie 2009


Vir Dinsdag was daar hordes sneeu voorspel .. ons het toe ons buite kom gesien wat hulle bedoel met baie sneeu .. vir ure en ure het ons by die venster die vlokkies sneeu sien val ..

Die kongres het vroeg begin en ek en Aurona het maar die meeste van die tyd skelm gesit en voorberei aan ons presentations vir Woensdag. Gelukkig is die vetrekke binne lekker warm. Dit is ook heerlik om wireless access as 'n 'given' te he by 'n kongres ..

Hier is ons drie dames gereed vir middagete by die kongres'venue' .. hier het ek min of meer begin panic want ek het nog net 3 slides gehad vir die presentation. Aurona was darem al so by 15 slides so julle kan sien die stress om haar lippe was minder as om myne :)


Natuurlik het die suiker 'oliebolle' wat ons met tee deurgewerk het nie ons suikervlakke goed gedoen nie - en die drie caffein koffies wat ek deurgewerk het, het gemaak dat my kaffeinvlakke hoog bo die normale was. Nou weet julle hoe reageer ek wat nooit gewone koffie drink op kaffein ..

Laatmiddag na die kongres het ek baie voorbeeldig voorgestel dat ons moet gaan 'rus' in die kamer, maar o nee, my twee kollegas het aangedring op alternatiewe ontspanningsmetodes .. ons het begin stap na die Hilton hotel waar die kongresete is maar moes eers 'n stop maak om die dors te les .. Aurona was dapper om weer gluwein te drink .. ek was nie so dapper nie .. het maar by die wit wyn gehou ..

So ongeveer 18:30 het ons weer die reen en koue getrotseer en gestap tot by die Hilton.



Hier is voor die Hilton en ook 'n baie mooi 'boodskap' in die voorportaal.









Die 3 scrooges in die voorportaal waar ons wag vir die kongresete om te begin ...





Aurona maak kontak met 'n interessante Prof Jan Flusser van "The institute of Information Theory and Automation" in Praag.





Hierdie onduidelike foto's is die kamera wat verkeerd gestel is .. nie enigsens 'n indikasie van hoe ons gevoel het teen 9pm nie. Maar baie voorbeeldig was ons net na 9 terug in ons hotelkamers .. sommiges (Aurona) was voorbeeldig en het hulle papers klaar gemaak en ander (Alta) het maar 5 uur opgestaan die volgende oggend ...

Aurona was ook fluks en het haar blog ook opgedateer - sien http://ag-spinneweb.blogspot.com/

1 comment:

  1. Ongelukkig bly ek n 305 en Alta in 405 so haar 5am gerondstrompel het my rus verstoor!

    ReplyDelete