Tuesday, February 24, 2009

Nabetragting ..

Ons is almal weer veilig tuis .. en oorlaai met werk .. ons het al vergeet ons was weg ..

Die avontuur op 'n einde ..

Thursday, February 19, 2009

Donderdag: 19 Februarie 2009

Wat 'n heerlike wonderlike dag .. vroeg oggend sit ek en e-mails lees en skryf met 'n grou uitsig oor die kantoorblokke voor my ..









Ten spyte van die bewolktheid is dit 'n wonderlike dag bo in die berge



Ek en Aurona is die berge op om weer ons ski-vermoens op te knap.

Bo gekom het ons eers bietjie die wereld verken en die verskillende opsies oorweeg .. alhoewel ons al so bietjie tyd op die ski's spandeer het twee jaar terug besluit ons om net weer 'n vinnige opknappingsessie by die ski skool deur te werk.

Ons kry toe 'n jong ski-instrukteur .. Christiaan .. met 'n goeie sin vir humor. En die fun begin .. Aurona het alles vergeet van twee jaar terug .. maar gelukkig is Christiaan geduldig .. mens kan sien hy doen dit elke dag.

Na 'n paar 'ongelukkies' verduidelik Aurona PRESIES vir Christiaan waar maak sy foute .. Arme Christiaan het sy hande vol gehad met die twee ou tannies - maar hy het dit darem met 'n glimlag hanteer en ons het meer gelag as geski ..


My voordeel was darem so bietjie waterski .. dit moet verseker help met die balans .. Na die einde van die dag toe het ons meer waaghalsig geraak en die groter heuwels aangevat sonder om enige breuke op te doen ..











Terug in Innsbruck sluit ons die aand af met 'n lekker aandete ...

Wednesday, February 18, 2009

Woensdag: 18 Februarie 2009

Na 'n vreeslike reenerige en baie sneeu gister, was dit verfrissend om vanoggend op te staan met 'n helderblou lug .. moet egter nie dink dit was warm nie = toe ons kongres toe ry was die temperatuur -10 grade.



Ek is voorsitter van die eerste sessie waar ek dan ook praat .. als gaan goed en geen moeilike vrae is gevra nie .. die voordeel van ouderdom is dat mens die dinge beter hanteer. Aurona is in die tweede sessie en beindruk met haar dinamika in die navorsingsveld van die Semantiese web.


Die uitsig by die kongresvenster uit het menige mense se aandag afgetrek van die sessies. Daar was 'n paar interssante sessies in vandag se presentations .. nie net ons was goed nie.




.
Die kongres kom tot 'n einde so ongeveer 13;00 en ons vertrek na die Swarovski se uistelsentrum so 10 km buite die dorp. Hier sien ons die mooiste kunswerke en baie duur ornamente om te koop.
In 'n ronde kamer met hordes spieels kan mens jou oe nie glo oor wat hulle doen met die gebruik van ligte nie .. hier 'probeer' ek die essence capture ..
'n Interessante 'beeld' met 'n kristalontwerp in die senter ..











Buite skyn die son nog steeds en neem ons die mooiste foto's van die omgewing.







Ons volgende stop is Schloss Ambras - dit was Ferdinand II se huis in Innsbruck *skuus, kasteel). Volgens wikipedia "Goes back to the times of Archduke Ferdinand II, the second son of Emperor Ferdinand I. When he was made new provincial sovereign of the Tyrol in 1563, he ordered two Italian architects to turn the existing medieval fortress into a Renaissance castle for his untitled wife Philippine Welser."








Die arme ou was 19 jaar met Philippine getroud voordat sy huwelik eers wettig gemaak is .. hy wou nie 'n gereelde huwelik gehad het nie. Lees gerus meer by http://en.wikipedia.org/wiki/Ambras_Castle
Ons kom ongeveer 5nm weer terug by die hotel - gereed vir 'n lekker Wiener Schnitzel.

Dinsdag 17 Februarie 2009


Vir Dinsdag was daar hordes sneeu voorspel .. ons het toe ons buite kom gesien wat hulle bedoel met baie sneeu .. vir ure en ure het ons by die venster die vlokkies sneeu sien val ..

Die kongres het vroeg begin en ek en Aurona het maar die meeste van die tyd skelm gesit en voorberei aan ons presentations vir Woensdag. Gelukkig is die vetrekke binne lekker warm. Dit is ook heerlik om wireless access as 'n 'given' te he by 'n kongres ..

Hier is ons drie dames gereed vir middagete by die kongres'venue' .. hier het ek min of meer begin panic want ek het nog net 3 slides gehad vir die presentation. Aurona was darem al so by 15 slides so julle kan sien die stress om haar lippe was minder as om myne :)


Natuurlik het die suiker 'oliebolle' wat ons met tee deurgewerk het nie ons suikervlakke goed gedoen nie - en die drie caffein koffies wat ek deurgewerk het, het gemaak dat my kaffeinvlakke hoog bo die normale was. Nou weet julle hoe reageer ek wat nooit gewone koffie drink op kaffein ..

Laatmiddag na die kongres het ek baie voorbeeldig voorgestel dat ons moet gaan 'rus' in die kamer, maar o nee, my twee kollegas het aangedring op alternatiewe ontspanningsmetodes .. ons het begin stap na die Hilton hotel waar die kongresete is maar moes eers 'n stop maak om die dors te les .. Aurona was dapper om weer gluwein te drink .. ek was nie so dapper nie .. het maar by die wit wyn gehou ..

So ongeveer 18:30 het ons weer die reen en koue getrotseer en gestap tot by die Hilton.



Hier is voor die Hilton en ook 'n baie mooi 'boodskap' in die voorportaal.









Die 3 scrooges in die voorportaal waar ons wag vir die kongresete om te begin ...





Aurona maak kontak met 'n interessante Prof Jan Flusser van "The institute of Information Theory and Automation" in Praag.





Hierdie onduidelike foto's is die kamera wat verkeerd gestel is .. nie enigsens 'n indikasie van hoe ons gevoel het teen 9pm nie. Maar baie voorbeeldig was ons net na 9 terug in ons hotelkamers .. sommiges (Aurona) was voorbeeldig en het hulle papers klaar gemaak en ander (Alta) het maar 5 uur opgestaan die volgende oggend ...

Aurona was ook fluks en het haar blog ook opgedateer - sien http://ag-spinneweb.blogspot.com/

Monday, February 16, 2009

Ons is vroegoggend uit Innsbruck uit weg na Munich - ons het gisteraand op die ingewing van die oomblik, met bietjie motivering van 'n jong kelnerin besluit ons wil gaan kyk hoe lyk Munich .. dit is so 2 ure se ry van Innsbruck ... he he he .. vir 'n Suid-Afrikaner is dit seker 'n moeilike konsep om te dink .. kom pa kom ma .. ons gaan gou Duitsland toe :)

Paula kies sommer 'n restaurant op die GPS in Munich en daar gaan ons .. glo dit of nie, maar dit is toe voor die oulike mannetjie en so 2.5 km van ons uiteindelike destination, die ou stad. Die restaurant is ongelukkig toe en ons drink koffie by McDonalds waarvandaan ons die roete uitwerk na die ou stad.

Met so bietjie hulp van die GPS kry ons 'n oulike parkade in die ou stad en begin verken. Ons eerste stop is die boekwinkel om net padkaarte te kry .. lekker ongeorganiseerd .. pleks het ons gisteraand al die sites ge'google' ..

Ons volgende stop is die pragtige Frauenkirche. Die kerk se fondasie is gele in 1468 deur Duke Sigismond - daar is twee torings van ongeveer 98meter hoog.

Volgens legende het die duiwel in die agterkant gestaan en kon hy nie venster sien nie - daar is 'n 'inprint' in die grond.














Aurona besluit ons is honger en kies 'randomly' die eerste restaurant (Maredo) wat naaste aan die kerk is .. wat 'n aangename verassing .. ons beland in 'n wonderlike upper class steak house .. julle - voorwaar top gehalte vleis .. kan dit aanbeveel .. beslis die lekkerste in my 26 jaar van reis na Europa ..












Ons volgende stop is die 'nuwe' stadsaal .. alhoewel daar 'n redelike diskussie ontstaan het oor die 'ou' stadsaal wat nuwer lyk as die 'nuwe' stadsaal.


Hier is die nuwe stadsaal.

Ons stop toe vinnig waar die 'ou stadsaal' eers was - hier is 'n speelgoed uitstalling en my hart kan dit nie hou toe daar natuurlik ook 'n beeruitstalling is nie - vir die wat nie weet nie, die maak van teddiebere het ontstaan in 1902 toe Richard Steiff nadat hy die sirkus besoek het 'n tekening gemaak het van 'n staande beer. Die het sy vrou toe gemaak.

Hier is voorbeelde van die oorspronklike bere.. ek weet nie of dit die oorspronklikes is nie .. glo nie ...







Volgende stop is die St Petersburg kerk .. wonderlike gange en tekeninge teen die dak ..













Ons besoek die mark en Paula en Aurona besluit dit is wyn en kaas en koue vleis vir aandete ..



Ons is seker net na 6 terug .. wat 'n wonderlike dag!
Na 'n lekker wyntjie is ons weer terug in ons grotte in om voor te berei vir more se kongres wat begin.
Aurona het ook foto's opgelaai van die dag - besoek gerus haar blog by http://picasaweb.google.com/gerberaj/Innsbruck_2#

Sunday, February 15, 2009

Sondag : 15 Februarie 2009

My Internet was af en ek kon nie opdateer nie ..
Hier is hoogtepunte van gister ..

Ons ou karretjie was toegesneeu toe ons buite kom ... maar dit kon nie die drie geesdriftige Suid-Afrikaners se gees blus nie.

Ons het vroeg oggend gaan rondloop in die slapende sondagoggend dorp .. die sneeu het dik gele en die mense het ons 3 malles snaaks aangekyk .. wie is sondagoggend so vroeg al in die strate ..

Ons wou eintlik die Kaiserlich Hofburg in Innsbruck besoek het, maar dit is toe vir renovasie - dit is maar die nadeel as mens in die winter reis .. die mense dink niemand reis in die winter nie en renoveer permanent die hele land - teen die einde van die eeu gaan daar 'n nuwe Europa wees :)



Aurona en Paula kry toe die blink gedagte om op te gaan teen een van die slopes om net te gaan kyk hoe die mense ski .. so gese so gedaan .. ons is sak en pak op teen die Noordberg se slope ..

Ons is vinnig tot by die eerste stasie waar oorywerige ski-ers saam met ons in die toue staan om teen die berg op te gaan .. soos 'n klomp skape word ons in 'n kabekar gelaai wat volgens die borde 96 mense +1 kan inlaai .. ons kon nog nie uitwerk wie die +1 is nie - dit is seker die drywer het ons besef nadat ons gaan draai het tot by swanger vrouens.





Vir 'n van der Merwe met so baie persoonlike ruimte was die ou karretjie nogal intimiderend soos julle op die foto kan aflei .. natuurlik het Paula en Aurona hulle gate uit geniet om my benoudenheid te beleef!





Maar gelukkig was dit nie so vrek lank teen die berg op nie en kon ons darem vinnig die pragtige Alpe waardeer .. sneeu en sneeu en sneeu .. nou ja, hier en daar was daar ook 'n lawwe ski=er of twee maar ons het hulle heel suksesvol geignoreer ..



Aurona het soos 'n lawwe Afrikaan op die randjie van die afgrond gaan sit om net te wys sy is nie bang nie ...



Alta .. on top of the world!








Gelukkig was Paula ook daar net om so nou en dan die twee lafpotte in toom te hou.

Ons het ook opgegaan na die heel boonste punt van die berg waar die BAIE dapperes soms afski.


Party mense moes natuurlik die digtheid van die sneeu toets ... sug .. kan sommige navorsers maar nie net glo dat die sneeu wel sag is nie?


Na 'n heerlike dag in die son buite en tussen die ski-ers, moes ons natuurlik sit vir 'n lekker wit wyn ... ons het seker vir amper 2 ure net gesit en kyk vir die ski-ers wat om ons verby ski, party wat hulle nekke amper breek teen die hellings af en party wat manouvers uithaal wat skrik vir niks .. dit was goed vir ons siele...



Laatmiddag is ons die heuwels af en Aurona en Paula kan nie genoeg kry van die wit gesneeude Innsbruck nie .. teen die tyd is my agterent lekker koud en wil ek net in 'n warm cosy restaurant kom ..


Natuurlik kan ons nie die feetjie winkel op pad na die restaurant miskyk nie - hier is allerhande interessante muti's en die winkelier (so 'n jong sexy knapie) wil Aurona summier uitgooi omdat sy foto's neem .. mmm.. hier is toe tot 'n viagra doepa .. ons giggel lekker - dink dit was genoeg om die jonge knapie se aandag op ons te vestig .. daar het ek al my dae om ontslae te raak van knapie wat vreeslik belangstellend begin allerhande vrae vra .. sug, goed om te weet so 'n ou vrou kan nog bietjie belangstelling wek by 'n jong winkelier :)
Ons sluit die aand af met 'n heerlike ete ...