Saturday, February 14, 2009

Innsbruck besoek 2009

Dag 1: 14 Februarie 2009

Ek en Aurona land ongeveer 6am in Frankfurt waar ons 6 ure moet oorstaan voor ons Innsbruck toe vlieg. Paula kom van Finland af so ons wag eers vir haar .. natuurlik is daar in die tyd baie tyd om al die winkels deur te stap ...

Hier is Aurona waar ons by hek B1 waar ons wag om te board ..












Ons kry ons karretjie op Innsbruck lughawe en soos drie ervare reisigers vertrek ons na ons hotel binne in Innsbruck ...









Hier is Paula voor die hotel in Innsbruck by ons vervoer vir die volgende paar dae ..


Ons stort gou en is reg om die dorpie in te vaar na op soek na kos .. die koue maak dat ons skreeuend honger is ... net om te wys hier is regtig sneeu ..












'n Landmerk wat ons later baie bly oor gaan wees is 'n gangetjie met sulke snaakse kolle ..

















Ons beplan om ietsie te gaan drink by Cafe Lichtblink wat 'n 360 grade view het van die stad maar die klomp rokers het die plek so blou gerook dat mens nie daar kan in nie .. ons neem dus net 'n paar foto's en gaan drink maar 'n wyntjie (100ml per R40 glas) by Magistrat Weinbar.

Ons drie dames vaar toe voort op soek na 'n ordentlike eetplek .. op pad stap ons by die Inn rivier verby .. het nog nie bevestig nie maar die rivier is blykbaar 500km lank .. hier is ek langs die rivier ...











Ons laaste stop is by die Gasthaus Gold Dachel waar ons 'n heerlike aandete eet en ek en Aurona twee kraffies Gluwhein (elkeen) opdrink ..
Moeg en voetseer en half intoxicated kom ons na 'n lekker besige dag net na 7 by die hotel aan ... Nou is dit tyd om eers 'n paar woorde te griffel en dan in die bed te spring ..


No comments:

Post a Comment